Waar Onthou Begin – Connie Luyt

R90.00

Toestand: Goed (Agterblad het ‘n vou)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 336
Gepubliseer: 2020 Penguin Books SA
ISBN: 9781485904465

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: MB1423 Categories: , , Tag:

Description

Toe Elfrieda ná ʼn lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg. Sy is in ’n Durbanse hospitaal nadat sy voor ’n motor ingehardloop het en die angs pak haar wanneer sy besef sy kan níks van haar verlede onthou nie.

 

’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit.

Maar soos haar grootwordjare voor haar begin oopspoel, bring die onthou ook hartseer: soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens ʼn vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede daarna.

Terwyl Elfrieda ’n pad stap – verby die verskrikking van vergeet en die ontsetting van onthou – neem die verhaal van Mary Livingstone vorm aan: van haar grootwordjare op Kuruman in die Noord-Kaap, tot kinders grootmaak in die wildernis van Betsjoeanaland. En deur dit als: David se oorrompelende reisdrif wat hom ’n koers laat inslaan het na ’n plek waarheen sy gesin hom eindelik nie kon volg nie.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans