Description
Hannah Malan se verloofde los haar kort voor die troue voor die kansel. Ontsteld vlug sy na die Sederberge en beland op Koelstroom. Daar ontmoet sy Malan, ’n man met ’n woeste baard en ’n ongeskikte hond wat haar behoorlik omkrap. Tot haar ontsteltenis ontdek sy dat hy die baas is by haar nuwe werk.
Hannah weet dat ’n verhouding tussen hulle ingewikkeld sal wees. ’n Ou familiegeheim moet bewaar word, en sy is boonop hopeloos verlief op hom. Malan laat hom egter nie maklik afskrik nie. Wanneer Juan weer op die toneel verskyn en die beeldskone Megan ook haar oog op Malan het, raak Hannah se situasie nog meer ingewikkeld.
’n Heerlike romantiese verhaal met humor, liefde, familiegeheime en onverwagte verwikkelinge.
Toestand: Goed (Naam voorin)












