Description
Isabelle deur Chanette Paul is die vyfde boek in Die Davelvroue-reeks. Die verhaal speel in 1932 af en handel oor Isabelle, ’n Ierse gravin met ’n passie vir skilderkuns. Haar adellike titel plaas beperkings op haar keuse van ’n lewensmaat, maar sy raak verlief op Arendt de Leeuw, ’n bywoner op hul plaas in Suid-Afrika.
Isabelle en Arendt se uiteenlopende persoonlikhede bots aanvanklik, maar daar ontwikkel ’n besondere verhouding tussen hulle. Arendt dra egter ’n geheim wat hul toekoms bedreig.
Toestand: Goed












