Slim Leuens – Lien Roux-de Jager

R70.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye:  304
Gepubliseer: 2014  LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
ISBN: 9780799369762

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: LH0162 Categories: , ,

Description

Kallie Krynauw #3

Die briljante poligrafis Kalli Krynauw is deel van Special Intelligence Services se span. Hulle is op die spoor van ’n reeksmoordenaar wat tot die uiterste gaan om sy slagoffers te skend voor hy hulle om die lewe bring. Kalli het goeie rede om te vermoed die reeksmoordenaar is deel van SIS se ondersoekspan want hy stuur selfs e-posse om hulle in kennis te stel dat hy op die hoogte van elke beweging van SIS is. Maar wie in die span kan dit wees? Daar is ten minste drie moontlikhede.

En, net so erg, die skisofreen wat ’n obsessie gehad het om Kalli dood te maak, bevind hom glad nie meer permanent in ’n Kaapse inrigting soos sy destyds ingelig is nie. Trouens, hy woon nou in ’n nabygeleë buurt.

Intussen word dit tyd vir Kalli en haar Brink se troue wat nou al hoe lank uitgestel word. Op wat hulle troudag sou wees, het hulle egter allesbehalwe ’n huwelik om te vier …

Additional information

Taal / Language

Afrikaans