Selma en Louise – Susan Coetzer

R110.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 448
Gepubliseer: 2018 Human & Rousseau
ISBN: 9780798176569

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: LH1387 Categories: , , , Tag:

Description

“Ek wil ’n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre.

“Waarnatoe?” vra hy en kyk op.

“Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.”

Selma Barnard se hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur ’n sogenaamde ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans