Sale!

Rooi Jan Alleman – Francois Loots

Original price was: R80.00.Current price is: R56.00.

Toestand: Baie goed (Boodskap voorin) 
Formaat: 
Hardeband
Bladsye: 285
Uitgegee: 2013 Umuzi
ISBN: 9781415202036

Out of stock

SKU: AM0049 Categories: , , Tag:

Description

Die klein Bram Fischer word gebore uit drome en beelde, met die geloei van Bloemfonteinse osse in die agtergrond. Hy sien die spoke van Paul Kruger en Jopie Fourie, asook die van Hendrik Biebouw, die eerste Afrikaner. In hierdie roman skryf Francois Loots ‘n kreatiewe, fiktiewe weergawe van Afrikaner-kommunis en struggle-held Bram Fischer se lewe. Die leser word gedompel in Fischer se leef- en gedagtewereld, in die spanninge en avonture van die jong radikaal. Saam met Fischer, gaan ’n mens ondergronds. Wat is ’n mens se diepste gedagtes wanneer jy jou vermom? Wanneer jy soos ‘n verkleurmannetjie in nuwe identiteite moet inglip? Of wanneer jy tronk toe gaan? Na die strome drome, word Fischer geteister deur die demone van absolute eensaamheid. Maar wat deur alles bly staan, is sy onwrikbare liefde teenoor sy beminde Molly, wat hom kom verlos uit sy laaste droom. Soms is dit slegs deur die lens van fiksie wat mens iets van die ware geskiedenis kan agterhaal.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans