Description
Die baas van Rietkuil, Wynand, kan hom nie verweer teen sy rabbedoe-“plaasvoorvrou”, Nicolette, se betowering nie. Maar sy het ’n bokskampioen van ’n kêrel wat dik briewe aan haar skryf. Dan daag Wynand se broer ook nog op . . . en die rabbedoe met die bokstert en langbroek ontluik skielik in ’n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere.










