Omnibus 7 – Helene De Kock

R60.00

Toestand: Uitstekend
Formaat:  
Sagteband
Bladsye: 364
Uitgegee: 2005 Human & Rousseau
ISBN: 9780798145220

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: KA480 Categories: , , Tag:

Description

Drie spanningsvolle liefdesverhale, so aangrypend en meesleurend as wat ‘n mens van hierdie ervare en gewilde skrywer kan verwag. In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Een ding weet Danien Fouche: sy wil Alfons he. Maar sy het ‘n eienaardige gevoel dat sy ‘n mens-binne-‘n-mens liefhet – ‘n ou bekende, en tog ook ‘n wildvreemde. In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Sy gaan woon in die Dijzel-huis waar daar sewe jaar tevore ‘n moord gepleeg is. Niemand het nog vergeet nie en Zach het verdwyn. Dis egter tyd dat Zach terugkom en opeis wat syne is, as hy nog kan. Want die sewende somer is ‘n rustyd. Windspoor is ‘n verhaal van liefde en van verraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn ‘n kort rukkie voor hul troue. Gustav Bothma is daar om te troos. Niemand glo meer in Ruben nie, tog kan Laura nie maar net laat gaan nie. Nie solank daar ‘n geheimsinnige windspoor is wat na hom toe lei nie.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans