Noorman – S.D. Fourie

R130.00

Toestand: Soos nuut
Formaat: Sagteband
Bladsye: 293
Gepubliseer: 2019 Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781415210109

Out of stock

SKU: AM0061 Categories: , , Tag:

Description

Dit was die arbeiderskind Louisa van die buurplaas wat sy lewe red toe hy ná daardie verskriklike nag deurmekaar in die kloof kom skuil het. Hier, by die waterval, doop sy hom Noorman.

 

Louisa en die ander mense van die distrik raak onlosmaaklik deel van sy lewe. Op die buurplaas bloos die boervrou Maria oor die eerste keer toe sy van dié fors rooikopman bewus raak, al het sy haar oog op die stuk grond waar hy woon.

’n Gekorswel oor water in dié droë streek dryf Noorman se verhouding met sy bure op die spits, ’n geveg waartydens die Joodse winkelier Abram Levinson en sy dogter Sara sy enigste vriende blyk te wees.

Maar wie kon ooit die stortvloed van verandering ná die verkiesing van ’48 vir die mense om die waterval voorspel? SD Fourie blaas met Noorman lewe in die ryk geskiedenis van die Strandveld.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans