‘n Venster vir die son – Helena Hugo

R95.00

Toestand: Baie Goed (Naam voorin)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 336
Uitgegee: 2010 Struik Christian Books
ISBN: 9781415309520

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Die aantreklike dr. Tobie Barnard is leraar by ‘n vooruitstrewende gemeente. Hy is ‘n stil, sterk man en geniet aansien in sy gemeenskap. Sy vrou, Lucille, gee klas by ‘n kollege waar sy huisagente oplei. Sy glo sy kan haar Christenskap daar uitleef, maar sy is prestasiebehep en uiters bewus van wat mense van haar dink. Tobie en Lucille se verhouding is reeds nie wat dit moet wees nie wanneer Tobie se ma, Herta, vir ‘n rukkie by hulle kom bly. Lucille en Herta het nog nooit wonderlik klaargekom nie en nou moet hulle in een huis bly! Dit veroorsaak wry­wing tussen Lucille en Tobie. Boonop smee Herta ‘n hegte vriendskap met een van Tobie se gemeentelede, Vita, wat ongelukkig getroud is en op soek is na ‘n man wat op die­selfde geestelike vlak is as sy. ‘n Venster vir die son is ‘n verhaal oor verhoudings – nie net tussen man en vrou of ma en kind nie, maar ook tussen God en sy skepping. Die karakters in ‘n Venster vir die son sal diep onder lesers se vel inkruip en hulle nog lank bybly.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans