‘n Luiperd In My Bed – Annelize Slabbert

R90.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 250
Gepubliseer: 2018 Tafelberg
ISBN: 9780624082354

Out of stock

SKU: C2040 Categories: , , ,

Description

‘Met die middagson kom die lugspieëlings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van ’n matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras lê die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir ’n modderbad.’

Annelize Slabbert was ’n joernalis in Johannesburg en haar man, Gerard, ’n apteker. Stedelinge. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad, die spitsverkeer, die gebrek aan stilte en sterre. En hulle volg die krom wandelpad na Die Droom van ’n landelike idille met skape en groen gras. Tot, uiteindelik, in die son en sand van die Sentraal-Kalahari in Botswana waar hulle ’n vierster-lodge bestuur. Wat kan dan nou verkeerd loop? ‘n Ware verhaal, uitstekend vertel, skreeusnaaks en aangrypend.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans