‘n Lint in Die Wind – Elize Parker

R70.00

Toestand: Redelik
Formaat: Sagteband
Bladsye:  283
Gepubliseer: 2013 Struik Christian Books
ISBN: 9781415314043

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Offerkind-reeks

‘n Lint in die wind is die derde en laaste boek in die treffende Offerkind-reeks. Die reeks handel oor Emma en Izak, ‘n tweeling wat by geboorte geskei is, en ‘n Lint in die wind neem die leser terug na die verlede en vertel die aangrypende verhaal van hul ma, Charlene. Charlene Fourie raak swanger na sy as tiener ‘n passievolle eenaandafspraak met ‘n plaaslike seun het. Sy word na ‘n huis vir ongehude moeders in Pretoria gestuur en haar ma gaan ‘n ooreenkoms met ‘n vriendin aan om Charlene se baba, sonder haar wete, te laat aanneem. Gedurende hierdie tyd ontmoet Charlene ‘n soldaat uit Rhodesie, majoor Lloyd Edwards, en trou met hom na ‘n warrelwindromanse. Sy raak swanger met ‘n tweeling, maar beleef ‘n bitter moeilike jaar waarin Lloyd vermis raak, bipolere depressie haar begin onderkry en sy probeer selfmoord pleeg toe sy sewe maande swanger is. In haar donkerste tyd verneem sy dat die tweeling oorlede is (‘n leuen wat aan haar vertel word) en kom sy by ‘n kruispad waar die toekoms donkerder as die verlede lyk. Vir Charlene is dit ‘n lang pad na herstel. Sal sy ooit die waarheid uitvind oor die leuens wat haar gesin verwoes het? En sal haar drie kinders hul pad na haar toe terugvind? ‘n Lint in die wind is die verhaal van ‘n vrou se soeke na ware vryheid en bied ook ‘n kykie op die siel en wese van bipolere depressie en die herstel wat moontlik is vir mense met geestesiektes-‘n moet-lees boek vir elkeen wat hoop soek en hoop wil deel.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans