Madonna van silwer – Wille Martin

R30.00

Toestand:  Aanvaarbaar (Hardeband met stofomslag, bladsye vergeel. skutblad verwyder)
Formaat:  Hardeband met stofomslag
Bladsye: 152
Uitgegee: Die Eike-Boekklub
ISBN:

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: IH2255 Categories: , , Tag:

Description

Tonio Soares raak ongeduldig omdat sy verloofde, Marquita Lombard, wegskram van ‘n huwelik en hy stel ‘n ultimatum aan haar: óf sy kom sluit by hom in San Martin aan, of hulle verlowing is tot niet. Alhoewel Marquita nog nie gereed vir ‘n huwelik met Tonio voel nie, besluit sy om haar trots in haar sak te steek en hom te volg. Per slot van rekening, wanneer hulle die dag trou, word hul plaas, El Rancho de los Rios, weer een…

Maar die noodlot gryp in. Op San Martin kom sy te wete dat haar verloofde intussen in ‘n tweegeveg gedood is deur luitenant Marco Hernandez – nadat hy sy deel van die plaas aan Hernandez gegee het om sy dobbelskuld te vereffen. Marquita bevind haar nou in ‘n onbenydenswaardige posisie. Haar nuwe buurman het haar verloofde vermoor. Aan die een kant sweer sy dat sy wraak sal neem; aan die ander kant dwing die Argentynse etiket haar om die man en sy familie gasvry op haar deel van die plaas te ontvang.

Die vonke spat wanneer Marquita met behulp van die politieke vlugteling El Lobo begin om die wêreld vir Hernandez warm te maak, veral toe Marquita ontdek dat sy as vrou oor ‘n wapen beskik waarteen geen man bestand is nie…

Die spanningsvolle liefdesverhaal speel af in die Argentinië van die twintigerjare en soos altyd slaag Wille Martin in Madonna van Silwer daarin om die leser mee te voer na ‘n vreemde, opwindende wêreld.