Description
Die snydokter van Stalingrad – Dis net na die tweede wereldoorlog. Buite Stalingrad spartel hulle om vry te kom van politiek en ideologie – nie net Duitse krygsgevangenes nie, maar ook die Russe. Al man wat sy gewete en roeping nooit verloen nie, is dokter Fritz Bohler, briljante chirurg en idealis – ten eerste geneesheer en mens, dan Duitser. Nooit Nazi nie. Die geskende gesig – In die sneeulandskap buite Soewalski verwoes ‘n partisaanmyn sersant Erich Schwabe se gesig – maar hy lewe. ‘n Geskende gesig gaan gewoonlik saam met ‘n geskende hart. In saal B/14 van Slot Bernegg lap professor Walter Rusch en dokter Lisa Mainetti gesig na gesig, maar die harte dit is ‘n ander saak.








