Kennis van die Aand – André Brink

R130.00

Toestand: Goed (Stofomslag redelike verweer, maar nie gehawend nie)
Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye: 408
Gepubliseer: 1982 (Tweede uitgawe) Human & Rousseau
ISBN: 0798114002

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: MB2078 Categories: , , , Tag:

Description

Die verbod op Kennis van die aand in 1974 was ’n keerpunt in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Die publisiteit het gewissel van Koot Vorster se berugte uitspraak: “As dít letterkunde is, dan is ’n bordeel ’n Sondagskool” tot die stelling dat dit die “grootste roman is wat nog uit Suid-Afrika voortgekom het”. En danksy dié publisiteit is dit wêreldwyd vertaal, wat tot vandag toe die skrywer se internasionale loopbaan bepaal deurdat sy werk nou in 33 tale beskikbaar is. In Brink se werk self bly dit ’n hoogtepunt, en dit is verbasend hoe eietyds dit nog steeds aandoen.

Teen die agtergrond van ’n lydensgeskiedenis wat oor twee eeue strek en ’n geskakeerde beeld van Suid-Afrika vandag, verloop die lewensverhaal van ’n talentvolle Kaapse bruinman Josef Malan wat stadigaan – veral in die ontplooiing van sy liefdesverhouding met die Britse meisie Jessica – vernietig word deur die spanninge, magte en werklikhede van sy samelewing, terwyl hy tog ook op ’n paradoksale manier oorwin.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans