Sale!

Kanaän – Sophia Kapp

Original price was: R160.00.Current price is: R128.00.

Toestand:  Redelik (Laminering van agterblad lig effens)
Formaat:  Sagteband
Bladsye: 674
Uitgegee: 2022 (Derde uitgawe, eerste druk) LAPA Uitgewers
ISBN: 9780637000062

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: CHR253 Categories: , ,

Description

ROOTDRUK
ATKV WOORDVEERTJIEPRYS VIR LIEFDESROMAN 2021

Kan hierdie liefde se prys betaal word?
Hulle is pole uit mekaar: Hy is ʼn eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat; sy is die gesofistikeerde dogter van ʼn skatryk Engelse sakeman. Hulle moes nooit eers ontmoet het nie, maar op 17 Junie 1944 loop sy in sy arms in, en wanneer haar wêreld om haar in duie stort, bied hy vir haar ʼn uitweg – ʼn jaar op Kanaän as sy vrou.
Dit behoort haar die geleentheid te gee om die stukke op te tel, besluit Catherine, maar kort voor lank besef sy dat sy aan Chrisjan meer het as al haar gesofistikeerde Johannesburgse vriende.
Al wat sy nie weet nie, is of sy die verskriklike prys wat hierdie liefde van haar vereis, sal kan betaal.

Kanaän is Sophia Kapp se eerste historiese liefdesroman, en kan vergelyk word met The magic of ordinary days deur Ann Howard Creel en Ver wink die Suiderkruis en Tussen stasies deur Irma Joubert. Die verhaal betrek die politiek en geskiedenis van die tyd, maar lewer nie sosiale kommentaar soos met Kantelpunt nie.