Description
Een plus een is ‘n heruitgawe van twee van haar romanses: Kammaliefde en Kanniedoodliefde. Kammaliefde Nanzi weet sy hoort nie naby Krisjan van der Merwe met sy koninklike lyf, sy spierwitte tande, sy gevaarlike manlikheid, sy terg en speel nie. Hulle werk toevallig saam. Daarom is sy soentjies en drukkies kamma-kamma. Maar as hy moet weet wat in haar kop aangaan, vat hy die pad. Soos mans maak. Sy ken die vernedering. Sy moet hom voorspring, voor daardie smeulende oe haar geheim lees. Kanniedoodliefde Alles irriteer haar: die Karoo, Doringdorp, Sweet Valley … Kurt irriteer haar die meeste en Jackie wil nie hier wees nie. Maar sy moet ‘n artikel skryf oor hierdie lawwe gasteplaas uit die jare sestig waar ou hippies soos rosyntjies hulle vervloe jeug probeer herleef … En net daar stap Kurt met sy heuningstem, sy mooi woordjies en die tergliggies in sy oe reguit in haar hart in.








