Description
Die verhaal speel af teen ‘n korporatiewe agtergrond in Kaapstad. Die hoofkarakter, Adri Malan is sterk, beheers, intelligent en dinamies. Sy is die finansiele direkteur by haar pa se maatskappy en verwag om by hom oor te neem. Maar na sy skielike dood moet sy hoor dat hy die beherende aandeel aan ‘n vreemdeling verkoop het.









