Die Boek van Gelukkige Eindes – Debbie Loots

R115.00

Toestand: Soos nuut
Formaat: Sagteband
Bladsye: 299
Gepubliseer: 2019 Queillerrie
ISBN: 9780795802034

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: AM0025 Categories: , ,

Description

Kaapstadse sielkundige Chris se rustige lewe word bedreig. ’n Trigger-happy vrou uit sy verlede probeer hom afpers, sy pasiënte se koppe haak een vir een uit, en sy dirty little secret begin hom kriewelrig maak.

 

Boonop irriteer sy gay eksvrou hom met haar verhoudingsprobleme, amper net soveel soos sy skoolvriend se skynbaar sorgelose lewe. Op Bella, sy jong Portugese vrou met haar voorliefde vir lawwe YouTube-videos, kan hy darem werklik staatmaak – of hoe?

Hierdie genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiële krisisse word uit die oogpunt van verskeie karakters vertel, en elkeen het ’n kinkel-einde. Besluit self wie s’n is gelukkig en wie s’n nie . . .

Additional information

Taal / Language

Afrikaans