Die 13de Kaart – Madelein Rust

R150.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye:  384
Gepubliseer: 2014 LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
ISBN: 9780799367690

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: C2150 Categories: , , ,

Description

Belia Bell is ‘n Bloemfonteinse forensiese sielkundige wat die polisie moet help om ‘n reeksmoordenaar vas te trek. Hy is ‘n formidabele teenstander; hoogs intelligent, vreesloos en onvoorspelbaar. Dit word gou duidelik dat die moordenaar vir Belia gekies het om die hoofrol te vertolk in sy makabere speletjie.
Haar taak word verder bemoeilik deur die teenwoordigheid van kaptein Jack Butler, hoof van die taakspan en haar gewese minnaar. Jack is intussen getroud met iemand anders, maar die vonk tussen hom en Belia is onbetwisbaar. Terwyl sy teen die moordenaar kragte meet, stry sy ook teen die begeerte om Jack weer vir haar te vat.
Die moordenaar se slagoffers hoop teen ‘n frenetiese pas op, terwyl Belia koorsagtig daaraan werk om ‘n profiel op te stel en sy kriptiese leidrade te ontsyfer. Sy word beloon met ‘n groter oes van dooies en meer vrae as antwoorde. Watter rol speel die Tarot? Hoe pas die getal 13 by alles in? Waarom het die moordenaar juis vir haar gekies as teenstander?

Additional information

Taal / Language

Afrikaans