Catharina – Jeanette Fereirra

R45.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye:  392
Gepubliseer: 2006 Human & Rousseau
ISBN: 9780798146739

 

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: IH0065/KA0003 Categories: , ,

Description

In die laat winter van 1836 word Lang Hans van Rensburg se hele trek deur Sochangana uitgemoor. Maar die gerugte wil dit he dat twee kinders aan die moordnag ontkom het. Byna vyftig jaar later trek Catharina saam met haar vader uit op die winterjag in die Laeveld. Dis onbekende spore wat sy hier teekom. Dis ook in hierdie winter dat Afrika-dolos en Boeresiener saampraat en haar ver uit die pad uit stoot: oor Barberton se delwerye, deur die runderpes en die groot droogte, oor die transportryerspad tussen Delagoabaai en die ou Transvaal, en kort voor die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek en die Steinaeker’s Horse toeslaan, terug na die Olifantsjag se westelike oewer. Maar telkens koers die pad terug na die nag van die moord op die Van Rensburgtrek. En daar is liefde en ander bloed op die spel. ‘n Diep menslike en epiese sage wat afspeel teen die agtergrond van die Laeveld van die 19de eeu, en die Anglo-Boereoorlog.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans