Bloedlyn – Madelein Rust

R90.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 316
Gepubliseer: 2016 (Eerste Uitgawe) Lapa Uitgewers
ISBN: 9780799380422

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: CS0003 Categories: , , ,

Description

Doktor Renata Malan is ‘n profileerder met ‘n donker verlede en ‘n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeërfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar ‘n gedugte teenstander en ‘n gehate vyand.
‘n Seksmoordenaar saai amok tussen die ontroue vroue van Bloemfontein se rykstes; Renata en haar span moet hom help aankeer voordat nog vroue sterf. Die een raaiselagtige leidraad na die ander duik op ondanks die gebrek aan forensiese getuienis.
Is die moorde die werk van haar ontsnapte moordenaar-pa, of is daar ‘n ander monster wat sy dodelike fantasieë keer op keer uitleef?
Oor die skrywer – Madelein Rust span haar kennis van die sielkunde in om spanningsverhale te skep wat die leser toelaat om self raaisels te ontrafel.
Madelein se debuut, Die dertiende kaart, was ‘n finalis in die ATKV Woordveertjieprys vir Spanningslektuur in 2014 en verskyn telkens op Nielsen se topverkoperlys. Haar tweede spanningsroman, Monstersaad, bring ook etlike weke op Nielsen’s deur.
Chanette Paul sê van Bloedlyn: “Dis Madelein se beste boek tot dusver. Sy gaan haar fans baie gelukkig maak hiermee.”

Additional information

Taal / Language

Afrikaans