Weg – Nerine Ahlers, Alet Steenkamp

R75.00

Toestand: Goed (Stempel voorin)
Formaat: Sagteband
Bladsye:  160
Gepubliseer: 2018  LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
ISBN: 9780799388824

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Haar naam is Niekie. Sy is sy prinses. En binnekort gaan hy haar vir ewig laat slaap …

 

Terwyl haar ouers oorsee werk, bly Niekie in haar matriekjaar op haar eie in ’n woonstel in die stad. Kort nadat sy en haar kêrel, Zack, baklei het, verdwyn Niekie spoorloos.

Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie – Niekie het immers ietwat van ’n losbol-kunstenaarstemperament en het al voorheen uit die bloute saam met haar kunstenaars-oom die pad gevat om te gaan skilder.

Maar Zack begin al hoe meer bekommerd raak. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom? Maar toe Zack boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd.

Baie verkeerd.

Intussen word Niekie iewers in ’n vreemde bed wakker met kneusplekke aan haar gesig en kabelbinders wat in haar polse en enkels insny.

By haar in die vertrek is ’n man. Iemand wat sy kort tevore ontmoet het. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar ’n storie vertel. ’n Storie oor ’n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar ’n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …

Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Zack en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is. Hierdie naelbyt-spanningsverhaal sal tienerlesers tot die laaste bladsy vasgenael hou.

Weg was ’n finalis in die LAPA Jeugromankompetisie in 2017.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans