Description
Die verhaal volg Kiewiet, ’n seun wat gereeld veld toe vlug wanneer hy van sy probleme wil wegkom. Hy voel al hoe meer vasgevang namate die mense om hom druk op hom plaas en hy gedwing word om die werklikheid in die oë te kyk.
Kiewiet se eensaamheid en sy moeilike verhouding met sy ouers speel ’n belangrike rol in die verhaal. Hy verlang na liefde en sekuriteit, maar sukkel om met die mense naaste aan hom te kommunikeer. Die verhaal beeld sensitief uit hoe ’n gebrek aan begrip en emosionele ondersteuning ’n jongmens kan beïnvloed.
Die Haasvanger is bekroon met die MER-prys vir Jeugliteratuur en die Scheepersprys vir Jeuglektuur.
Toestand: Redelik












