Description
Platsak maak ’n plan deur Anneke Langner is ’n Afrikaanse jeugverhaal oor vriendskap, familie, rugby, emigrasie en die spesiale band tussen ’n seun en sy hond. Veertienjarige Ethan se lewe verander wanneer sy pa aankondig dat die gesin na Nieu-Seeland gaan verhuis en hulle nie vir Leo, sy geliefde Jack Russell-hondjie, kan saamneem nie. Ethan begin planne beraam om genoeg geld in te samel om Leo by hom te hou.
’n Aangrypende en lekkerleesverhaal vir jong lesers wat van diere, sport, avontuur en verhale oor vriendskap en groot verandering hou. Die boek is ook geskik vir klaslees in die Senior Fase. Hierdie eksemplaar is in uitstekende, soos-nuwe toestand.










