Description
Die Sproetebessies en die hart van die Swart Roos deur Troula Goosen is ’n Afrikaanse jeugroman waarin drie tieners onverwags in ’n opwindende avontuur beland.
Milan, Andante en Nova gaan na ’n musiekfees om die bekende popster Tyrion te sien optree. Wanneer Milan saam met die Kaalbas Kitare op die verhoog beland, kry hulle onverwags ’n uitnodiging na ’n slypskool by ’n eksklusiewe superster-akademie. Maar daar skuil ’n donker geheim op die Swart Roos-landgoed, en die drie vriende moet saamwerk om uit te vind wat aangaan.
’n Lekker leeservaring vir jong lesers wat van musiek, avontuur, raaisels en geheime hou.
Toestand: Baie goed












