Description
Die meisie in die maanlig deur De Wet Hugo is die vierde boek in die gewilde Grilgrypers-reeks en bied jong lesers ’n spannende avontuur vol geheime en bonatuurlike verskynsels.
Wanneer Babette se pa oorsee gaan werk, moet sy by haar vreemde tannie Theodora op Rustfontein gaan bly. Sy begin gou tuis voel en ontmoet die aantreklike Tiaan. Maar die dorp het ’n donker geheim wat verband hou met ’n ou begraafplaas en die legende van die meisie in die maanlig.
Wie is die vrou in die swart lykswa wat Babette agtervolg? En sal sy haar grootste vrese kan oorkom wanneer sy met ’n horde zombies gekonfronteer word?
’n Heerlike grilverhaal vir jong lesers wat van spanning, raaisels en avontuur hou.
Toestand: Baie goed












