Description
Sterretjiekind Naledi en ons eerste stories deur Lizette Rabe neem jong lesers op ‘n besondere ontdekkingsreis deur die wêreld se godsdienste en geloofsoortuigings.
Wanneer Naledi haar ouma vra: “Oumie, wat is godsdiens?”, begin die twee ‘n groot avontuur. Hulle reis denkbeeldig van oos na wes en van suid na noord om te ontdek wat mense glo, watter stories vir hulle betekenis het en hoe verskillende geloofsoortuigings ons wêreld vorm.
Hierdie interaktiewe kinderboek is ontwerp om kinders aktief by die leesproses te betrek. Dit bevat geleenthede om te lees, dink, knip, teken en plak. Dit is ook ‘n boek wat oumas, oupas, ouers en onderwysers saam met kinders kan ontdek en bespreek.
Die belangrike boodskap is dat geen mens se geloof beter as dié van ‘n ander is nie, en dat ons mekaar se oortuigings moet respekteer. ‘n Waardevolle boek wat nuuskierigheid, begrip en verdraagsaamheid by jong lesers kan aanmoedig.
Toestand: Baie goed












