Skilpoppe – Barrie Hough

R75.00

Toestand: Goed (
Formaat: Sagteband
Bladsye:  105
Gepubliseer: 2011 (Een en twintigste  druk) Tafelberg
ISBN: 9780624038399

2 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.
EAN: 9780624038399 SKU: C2129 MB2193 Categories: , , , Tag:

Description

In ieder geval, hier is sy: Anna Meyer, in standerd agt, en sy moet Juliet speel in haar skool se opvoering van Shakespeare se Romeo en Juliet. Dwarsdeur die manuskrip is die verhaal van Romeo en Juliet ‘n basis, en dien as parallelspel vir die dood van Sebast, Anna se ouer broer. Anna en haar suster Elise sukkel steeds om die dood van hul broer te verwerk. Die leser verneem later Sebast het selfmoord gepleeg, waarskynlik as gevolg van sy pa se brute hantering van Sebast en Ching-kung, sy gay vriend, se verhouding.
Hul ouers gaan hou vakansie in verre Rusland, ook as deel van die herstelproses, en kort na hul weggaan begin dinge in die goed geordende voorstedelike huishouding verkeerd loop – sommer op ‘n galop. Dit loop lelik verkeerd; ‘n mens hou jou asem vir die susters op.

Maar op ‘n baie delikate manier, en veral deur die tussenkoms van die fantasie-element van Juliet Capulet, die fantasiekind van William Shakespeare, kom die sake stadig weer reg.

In die middel van die verhaal staan ‘n werklik beminlike heldin, ‘n bloedwarm standerd agt-kind met ‘n aptyt vir die lewe en ‘n absolute hartstog vir die verwesenliking van die uitnemendheid in haarself. En sy kry dit reg ook, in ‘n goed genuanseerde en dig vervlegte verhaal wat sonder twyfel hope te sê sal hê vir ‘n klomp jongmense in klompe voorstedelike huise in ons land.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans