Pretpark – Jaco Jacobs

R35.00

Toestand: Goed 
Formaat: 
Sagteband
Bladsye: 112
Uitgegee: 2003 Human & Rousseau
ISBN: 9780798143042

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: MB0042 Categories: , , , Tag:

Description

Toe die reisende pretpark hul dorp besoek, is die kinders baie opgewonde, want daar gebeur mos nooit veel op ‘n klein plekkie nie.

‘n Paar dae voor die opening van die pretpark, besoek ‘n paar kunstenaars die skool om ‘n voorskou te gee van al die lekker dinge wat hulle te wagte kan wees.

Maar Johan en Anton het reeds die vorige middag met een van hulle kennis gemaak . . . die ongeskikte ou sigeunerin met haar swart kraai en haar krysende stem.

Nou sit hulle hier op die verhoog van die skoolsaal en sy is besig om hulle te hipnotiseer . . . “Net ‘n onskuldige ou toertjie,” het sy vir die vrywillergs gesê.

Maar was dit net ‘n onskuldige ou toertjie?

Lees hierdie lekker grillerige verhaal en vind self uit . . .

Additional information

Taal / Language

Afrikaans