Description
Keurboslaan #3
Die veranderinge wat doktor Roelof Serfontein op Keurboslaan teweegbring maak dit ’n gesogte seunsskool, maar ook ’n plek waar seuns met probleme hulp kan kry. Wentzel Elzenach is ’n geestelik en liggaamlik verwaarloosde weeskind en Krynauw, die skool se gewilde onderhoofseun, moet help om hierdie eienaardige nuweling te laat tuis voel. Intussen kom woon Tessa, die hoof se vyfjarige niggie, op Keurboslaan, en haar teenwoordigheid krap heelwat mense se kaarte deurmekaar.



