Description
Skelmstreke en Kattekwaad deur Maritha Snyman is die eerste boek in die Reënboogrant Maats-reeks.
Laerskool Reënboogrant is in rep en roer oor ’n geheimsinnige straatnommerdief wat koperstraatnommers in die buurt steel. Shani en Liz het egter ook hulle eie planne: hulle wil graag as dirigente vir die interlaer gekies word. Maar Rachelle het haar eie idees oor die dirigenteklere, en waar sy betrokke is, is daar gewoonlik moeilikheid!
’n Prettige Afrikaanse jeugverhaal oor skool, vriendskap en die alledaagse avonture van laerskoolkinders.
Toestand: Goed.












