Description
Raves en Rugstekers deur Louise van Niekerk is die derde boek in die gewilde Reënboogrant Tieners-reeks.
Hoërskool Reënboogrant is in rep en roer wanneer iemand graffiti teen die skool se muur verf. Intussen is Shani gefassineer deur die geheimsinnige Jacques. Maar is die gerugte waar dat hy dwelms verkoop? Shani, Sunette en hul vriende moet tussen gerugte, verhoudings en die uitdagings van tienerwees hul pad vind.
‘n Lekker Afrikaanse tienerverhaal vir lesers wat hou van skooldrama, vriendskap en romantiese verwikkelinge.
Toestand: Goed – klein stukkende plekkies aan die buiteblad rondom die ISBN-nommer.












