Oorlewingsgids vir ‘n Bedonnerde Diva – Sophia Kapp

R120.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye:  476
Gepubliseer: 2016 (Eerste uitgawe) LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
ISBN: 9780799378009

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Oorlewingsgids vir ‘n Bedonnerde Diva – Sophia Kapp – Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan n loopbaan, n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar  verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans

Bladsye / Pages

476

Formaat / Format

Sagteband / Paperback

Outeur / Author

Sophia Kapp

Jaar gepubliseer / Year published

2010's, 2016

Toestand / Condition

Goed / Good

Uitgewer / Publisher

LAPA Uitgewers