Description
Dis die tweede boek in die tweeluik wat begin met Gelyke kans. Jessica en Anton de Lange besef dat die huwelik wat hulle die afgelope paar maande aan mekaar probeer plak het, nie redbaar is nie. Die noodlot gryp in, en ruk Anton finaal weg. Jessica bly agter, van voor af verpletter. Sy moet staande bly ter wille van haar drie kinders, en haar florerende besigheid wat soveel ander mense se lewe raak.










