Die verdwyning van Mina Afrika – Zuretha Roos

R50.00

Toestand: Goed (Plastiek van agterblad trek los) 
Formaat: 
Sagteband 
Bladsye: 233
Uitgegee: 2016 Tafelberg Publishers
ISBN: 9780624033288

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R450.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.

Description

“Die verdwyning van Mina Afrika deur Zuretha Roos is eerstens (en laastens) ‘n wonderlike storie. Dit is ‘n verhaal met ‘n verlossende, gelukkige einde; dit is vol menslike deernis; dit betrek die oer-temas en vraagstukke; dit teken ‘n lewendige prentjie van ‘n amper vergete Distrik Ses; dis deel van ons kollektiewe geheue – ‘n boek wat alles het waarna die Afrikaanse leser dikwels vra.” Lees ook die opwindende vervolg: Die tuiskoms van Mina Afrika.

Op ‘n dag staan Gert Afrika met die kleuter op sy arm voor die agterdeur van die gegoede blanke boer. “Ek kan nie lat sommer enigiemand na my kind kyk nie, baas! Baas ken die spul! Dis heeldag dronknes en messteek…Sy’s al wat ek oorhet van my eie, baas! Kyk net watse mooie kind is sy!” En so word die driejarige Mina Afrika die aanneemkind van die kinderlose Erik en Sara de Graaff. Hulle wil haar graag ‘n kans in die lewe gee, haar fyn opvoed. Hier is Mina se storie, die suksesvolle debuutroman van Zuretha Roos.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans