Description
Huisgenoot Wenresepte 8 deur Carmen Niehaus is ’n gewilde Afrikaanse kookboek met meer as 400 watertandresepte vir alledaagse etes, spesiale geleenthede en alles tussenin. Die versameling sluit tradisionele gunstelinge sowel as geregte van regoor die wêreld in, met idees wat dit maklik maak om met flair te kook.
Van eenvoudige geroosterde ciabatta en geurige kerries tot dekadente nageregte – hierdie boek bied hope inspirasie vir die Suid-Afrikaanse kombuis.
Hierdie tweedehandse eksemplaar het vogskade, maar is steeds bruikbaar en die resepte kan normaalweg gebruik word.
Toestand: Redelik – vogskade, maar steeds bruikbaar.











