50 Jaar met Fred – Bun Booyens (Samesteller)

R120.00

Toestand: Goed (Boodskap voorin)
Formaat: Sagteband
Uitgegee: 2019  Jonathan Ball
Bladsye: 224
ISBN: 9781868429721

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Met sy fyn oog sien Fred Mouton alles raak. Sy vlymskerp spotprente lewer raakvat sosiale kommentaar en is al 50 jaar lank stapelvoedsel vir duisende Afrikaanse koerantlesers. 50 Jaar met Fred bevat meer as 400 van sy beste sketse en etse.

Die boek is as’t ware ‘n aaneenlopende strokiesprent van Suid-Afrika se wel en wee oor die afgelope vyf dekades – dit dek alles van groot politieke storms en sportdramas tot omstrede figure en huismoles. In sy sketse wys Fred ook die alledaagse dinge wat mense raak. Die droogtes en die landreën, inflasie wat elke keer net-net voor die verbruiker by die petrolpomp opdaag. die Springbokke wat verloor en dan weer wen.

Fred het tussendeur ook vir Landbouweekblad, Huisgenoot, Weg! en dosyne ander publikasies geteken. Sy humor is kurkdroog, sy sketse komies – en soms ontstellend, maar altyd so bekend.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans