Description
Idees Vol Vrees Volume 4 deur Kobus Galloway is nog ‘n versameling van sy gewilde, spitsvondige Afrikaanse spotprente en slim woordspelings. Hierdie eksemplaar is in goeie toestand en is ‘n netjiese tweedehandse kopie vir liefhebbers van Afrikaanse humor.
Volume 4 bevat 150 tekenprente, waaronder van die gewildste uit die reeks en meer as 100 nuwe tekenprente wat nog nie voorheen verskyn het nie. As bonus is daar ook 50 oorspronklike eenreël-woordspelinggrappies.
‘n Lekker boek vir lesers wat van Afrikaanse humor, spotprente, woordspelings en ligte vermaak hou.
Alle foto’s is geneem deur Karin’s Treasures.










