Description
Alternatiewe medisyne bestaan nie, net medikasie wat werk en medikasie wat nie werk nie. Maar as Oprah Winfrey, prins Charles en kruiekoningin Antoinette Pienaar onsin oor alternatiewe terapieë verkondig, hoe skei jy die kaf van die koring?
Die wetenskapjoernalis en dosent George Claassen ontleed die intellektuele bedrog van aanvullende en alternatiewe genesers en hoe hulle nie deur regulasies in Suid-Afrika aanspreeklik gehou word vir die kwaksalwerbehandelings wat hulle aanbied nie. Hy bewapen ons met ‘n onsinverklikker om kwakke en gesondheidsbedrieërs se twyfelagtige aansprake oor siektes te ontbloot en te herken.









