Description
Jy staan op die punt om ‘n totaal ander soort apteek te betree. Een waar kruiemedisynes aangebied word tussen en saam met konvensioneel farmaseutiese middels. Waar flesse met koorskruid langs bottels aspirien staan, en echinacea ‘n plekkie het tussen ander verkoue- en griepmedisynes. Kruie in die Apteek is jou bron waar jy hoofstroom-geneesmiddelbehandeling en hul kruie-alternatiewe kan vergelyk vir byna 100 algemene gesondheidsprobleme. Jy sal kruie ontdek wat dieselfde genesende kragte het as baie voorskrif- en nievoorskrifmedisynes — behalwe dat hulle baie sagter is en min of geen newe-effekte het nie.
Of jy nou vinnige eerstehulp of langtermynverligting benodig, Kruie in die Apteek het ‘n middel vir jou. Hier is net ‘n voorsmakie:
UIT AKSIE VANWEË ARTRITIS? Smeer kapsaisienroom aan, ‘n natuurlike pynverligter van rissies verkry (bladsy 99)
SLAAPLOOS? Dommel weg met valeriaan — dis net so effektief soos Valium, maar nie verslawend nie (bladsy 4 70)
EFFENS OORGEWIG? Steek kers op by psillium, ‘n kruie-alternatief vir eetlusdempers (bladsy 401)
GESPANNE? Kalmeer uitgerafelde senuwees met kawa kawa — dit sal jou nie minder skerp maak nie (bladsy sos)
BAKLEI JY MET BRONGITIS? Pypkan daardie hoes met soethout, ‘n natuurlike hoesdrywer en slymverdunner (bladsy 1 4 4)
BENODIG JY HULP MET HOË BLOEDDRUK? – Wend jou tot meidoring — dit het baie gemeen met betablokkeerders — net nie die newe-effekte nie (bladsy 254)








