Sale!

Meer as ‘n Ja-woord – Johan Smit en Nina Smit

Original price was: R50.00.Current price is: R40.00.

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 365
Uitgewer: 2002 (Tweede uitgawe) CUM
ISBN: 9781868299423

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Die huwelik is ‘n veeleisende en vormende leerskool waar twee mense hulle hart vir mekaar moet gee, mekaar moet aanvul en liefhê, maar mekaar nie in besit mag neem nie. Dis ‘n besef dat daar geen liefde in ‘n huwelik kan wees voordat twee mense weet dat liefde ‘n werkwoord is nie. Dat daar geen romanse kan wees as die geleentheid daartoe nie geskep word nie. ‘n Huwelik slaag nie omdat jy die ideale lewensmaat gekies het nie, maar omdat jy die ideale lewensmaat is.

In hulle dagboek vir getroudes gee die deurwinterde egpaar, Johan en Nina Smit, Bybelse riglyne om van die huwelik ‘n stille hawe van geluk en beskutting te maak teen sterk winde en hoë seë. Dan word die huwelik meer as die spreekwoordelike ja-woord; dit word ‘n deurdagte, nugter wilsbesluit om getrou te bly in voorspoed en teenspoed, in sonskyn en stormwind. Om te gee en lief te hê, om te dien en te eer, vra daadwerklike toewyding en trou om van ‘n vlietende belofte ‘n sinvolle lewenslange verbintenis te maak.

Die 366 dagstukke sal jou op ‘n ontdekkingstog van die huwelik neem en jou nuwe perspektiewe bied op jou verhouding met jou lewensmaat.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans