Wie die verlange ken – Nita Griessel

R35.00

Toestand:  Goed (Stofomslag baie ligte verweer, bladsye vergeel)
Formaat:  Hardeband met stofomslag
Bladsye:  151
Uitgegee: 1978 J.P. van der Walt en Seun
ISBN: 0 7993 0320 8

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: CHR249 Categories: , ,

Description

Die twee en twintigjarige Karlien Truter, wat by haar grootouers grootgeword het, het nie geweet wie haar ouers was nie en van kleintyd af wou sy baie graag uitvind. Maar haar ouma wou nooit daaroor praat nie en dit het haar verontrus.

Haar grootouers is in ‘n noodlottige motorongeluk betrokke en op haar sterfbed prewel Ouma Nell iets van Oliensdrift en ‘n ivoorkissie…

In die kissie kry Karlien ‘n sonderlinge ring met die naam Gerrie daarop gegraveer en ‘n bridle wat lui: Mag geluk haar nie ook verbygaan nie. Chrisna. Met die inligting tot haar beskikking aanvaar sy die pos as ‘n nuwe kindertuinonderwyseres op Oliensdrift in die Kalahari.

Karlien sit by oom Sors op die watertenk toe sy haar nuwe skoolhoof, Adriaan Wessels, vir die eerste maal sien. Boonop sien sy hom vir ‘n kollega aan en vra: “Is ons indoena darem menslik?” Karlien en Adriaan loop gereeld potjies, maar die koshuiskinders, Taleen, dominee Hugo, haar ander kollegas, tannie Ina, oom Hardus en Ouma Griet is lief en dierbaar.

Sal Karlien, die wilde wingerdlootjie, ‘n ankerplekkie op Oliensdrift vind? Wie die verlange ken deur Nita Griessel is ‘n aangrypende verhaal oor ‘n meisie se soeke na geluk en die koesterende warmte van ‘n huisgesin.