Sale!

Reënboogmelodie – Anzil Kulsen

Original price was: R80.00.Current price is: R64.00.

Toestand: Nuut
Formaat: Sagteband
Bladsye: 244
Uitgegee: 2020 Lux Verbi
ISBN: 9780796322159

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Diané sukkel van jongs af met ‘n eetversteuring. Tot sy Robert ontmoet, ‘n aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is en met wie se steun sy weer kans sien vir die lewe. Robert het haar nog altyd lief gehad en onderskraag, maar nou duik ernstige vrae op: Wie is die vrou wat sê Robert is die pa van haar kind? Het Robert ‘n verlede waarvan Diané niks weet nie? Hoekom sal Robert haar nou in die steek laat? Diané wil haar outisties seuntjie ook ten alle koste help. Of is sy juis die oorsaak van haar kind se probleme?

 

Wanneer Diané uitvind wat werklik aan die gang is, kom sy voor groot besluite te staan.

Met Reënboogmelodie delf gewilde skrywer Anzil Kulsen diep in ‘n komplekse moderne huweliksverhouding. Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal?

Additional information

Taal / Language

Afrikaans