Man uit die dode – Chris Karsten

R95.00

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: MB111 Categories: , ,

Description

Nadat Ella Neser as moordspeurder uit die polisie bedank het, het sy op plesierbote in die Karibiese See gaan werk. Toe kom die virus, en sy is verplig om na Suid­Afrika te repatrieer. Nou sit sy sonder werk en sonder toekoms. Sy word gevra om ‘n private ondersoek te loods op die dorpie Osspruit in Mpumalanga. Vier jong manne het oënskynlik besluit om voor en tydens die inperkingstyd weg te loop, maar meer sinistere gebeure word agter hulle verdwynings vermoed . . .
Die aksie speel binne vier dae in Julie af, tydens die grendeltyd. Hoe dieper Ella begin krap, hoe meer besef sy daar is ‘n gewetenlose brein wat agteraf konkel met die steenkoollorries na Eskom as rookskerm. Ella is genoodsaak om haar eie intuïsie te vertrou ten einde by die waarheid uit te kom – maar dit gebeur nie sonder verdere hikke en bloedlating nie.

Man uit die dode verskyn as krimi­vervolgverhaal op Netwerk24 en daarna in boekvorm by H&R. Dit speel af net voor die aanvang van Die versoeking van Thomas Maas.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans