Description
Rooi Luiperd #3
Die derde roman in François Bloemhof se Rooi Luiperd-reeks is gewaarborg om weer die adrenalien vinnig te laat pomp. Mark Steyn is agent Rooi Luiperd, een van Die Fabriek se agente en ook lid van die Groot Vyf ¬ met rooi klaring, wat daarop neerkom dat jy tydens ’n sending voor die voet kan doodmaak solank jy dit later kan regverdig.










