Description
Op die vooraand van haar 25ste huweliksherdenking behoort Isabella se lewe goed te wees. Sy is getroud met Herman, ‘n bekende sielkundige, en het twee tienerseuns en ‘n mooi huis.
Maar eintlik is ha ar lewe besig om uitmekaar te val. Dit maak dat sy haar toevlug neem tot soetgoed en Ingrid Jonker se somber poësie. En sy het die verskriklikste vermoede …
Dan verras Herman haar met ‘n reis na haar geboorteland. Dit is ‘n reis wat haar eers naak stroop – en dan haar pyn in purpose omskep.
Nou moet sy leer om haar vryheid te aanvaar …
Custard vir die siel deur Susan Coetzer is ’n warm, menslike en maklik-leesbare Afrikaanse roman vol humor, hart en herkenbare alledaagse oomblikke. Coetzer se stories fokus op familie, verhoudings en die klein dinge wat die lewe betekenis gee — perfek vir ontspanningslees.
SUSAN COETZER is bekend as skilder, joernalis en rubrie kskrywer vir Finesse tydskrif. Sy is ‘n bekroonde aktrise wat met ‘n Artes en drie Vita-toekennings spog. Haar beroep en roeping is as gasvrou van die Blou Hond-restaurant en landwye motiveringspreker . Haar debuutroman, Oros vir die siel, het reeds duisende lewens verander.
Hierdie tweedehandse sagteband is in goeie, netjiese toestand en bied uitstekende waarde teen ’n bekostigbare prys.

