Bloedlelie – Jeanette Ferreira

R95.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 304
Gepubliseer: 2019 LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
ISBN: 9780799393651

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: MB1801 Categories: , , Tag:

Description

In die somer van 1838 vertrek die Voortrekkerleier Piet Retief en sowat 100 man na die Zoeloekoning Dingaan om oor grond vir die trekkers te onderhandel. In die laer by Doornkop wag sy vrou Magdalena op hulle terugkeer. Die afloop van hierdie sending na Dingaan is wyd opgeteken as die Slag van Bloedrivier.

Byna 180 jaar later is Hanna op soek na wat ook al Magdalena nagelaat het. Vroeg in hierdie soektog loop Hanna haar vas in ’n plaasmoord waarvoor sy nie antwoorde het nie. Bitter min is bekend oor Magdalena en haar lewe ná 1838, buiten haar brief in 1841 aan haar skoonfamilie. In Pietermaritzburg staan haar huisie vandag nog, nou ’n klerewinkel.

Kort voor haar dood in 1854 besoek ’n handelaar haar in Potchefstroom en staan in sy boek ’n paragraaf aan haar af.

Al wat ons het, is vandag en elke mens vertel ’n storie anders. Van ver af is niks soos dit vir ons lyk nie.

“Bloedlelie is ’n merkwaardige en belangrike roman uit die pen van ’n vaardige, gesoute skrywer. Verskriklike en weersinwekkende gebeure sowel as hedendaagse politieke kompleksiteite en strydpunte word met ’n seker hand uitgebeeld. Tegelykertyd is hierdie roman die verhaal van Magdalena Retief, die grootliks onbesonge vrou van Pieter Mauritz Retief.” – Helene de Kock

Additional information

Taal / Language

Afrikaans