Description
Nie vir kinders nie – Francois Bloemhof – Tim Marais is op die vooraand van matriek. Op die oog af het hy alles wat hy wil he – aantreklikheid, gewildheid en akademiese sukses . Daar is egter by hom ‘n ontevredenheid met sy voorstedelike bestaan wat hy nie mooi kan verstaan of beskryf nie. Die mense om hom dra by hiertoe – soos tannie Trisa, sy sangdosent, vir wie hy meer voel as wat hy behoort te voel – veral aangesien sy die ma is van sy beste vriend, Ruan.
Op sy beurt is Ruan se rol in Tim se lewe nie meer so positief soos vroeer nie. Hy is al hoe minder die oorgewig hanswors wat hy eers was; hy verloor gewig en is meer selfversekerd, maar nie sonder “hulp” nie. Tim is in ‘n stadium waar hy al oper raak vir oortuiging. Waar hy voel hy het hulp nodig. Tim se ouers, as voorbeelde van hoe hy nie wil word nie, dra daartoe by dat hy in ‘n sekere rigting beweeg.
Wanneer dinge deur ‘n sameloop van omstandighede erg skeef loop, slaan Tim met mening daardie rigting in. Nie vir kinders nie is ‘n uitdagende titel waarin reguit gekyk word na hedendaagse vraagstukke. Wie hulle is en waar hulle inpas, die reels van die wereld waarin hulle hul voete moet vind, seks en godsdiens – dit is maar ‘n paar van die vraagstukke waarmee van die jong mense hier worstel.
Vind meer Afrikaanse jeugboeke hier.



