Description
Geraamte in die klas deur Fanie Viljoen is ’n humoristiese kinderboek waarin twee vriende per ongeluk hulle onderwyseres, juffrou Beneke, in ’n geraamte verander!
Stephan en Cobus se probleme is egter nog lank nie verby nie. Hulle moet juffrou Beneke op die skoolbus probeer wegsteek sodat sy saam met hulle op ’n Graad 7-toer kan gaan. Die avontuur sluit onder meer ’n wildejaagtog, ’n seekatgeveg en gevaarlike rekspronge in. ’n Prettige, aksiebelaaide storie vir jong lesers.
Toestand: Goed – naam voorin geskryf.













